In die Bybel
Vir die God van die Bybel is die verbreking van ‘n verbond (ooreenkoms), ‘n eed of ‘n gelofte sonder uitsondering sonde, want dit is bedrieglik, en bedrieglike optrede is niks anders as liefdelose optrede nie. In die Bybel is daar talle voorbeelde van verbonde, nie alleen tussen God en mense nie, maar ook tussen mense. Geen voorsiening word gemaak om ‘n verbond sondeloos te verbreek nie. Al wanneer een party vrygestel word van sy verpligting ten opsigte van ‘n verbond is wanneer die ander party die verbond reeds verbreek het.
Die Bybel is vol van waarskuwings teen leuens, verbreking van ede en vals ede. Enkele voorbeelde:
Mattheus 5: 33: “Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.“
Psalm 24:4: “Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.“
Jahweh sê verder vir sy volk, Israel, in:
Sagaria 8:16-17: “Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak sodat daar vrede onder julle kan wees. Moenie bose planne teen mekaar bedink nie, moenie vals ede bly aflê nie. Ek haat sulke dinge, sê die Here.” (NAV)
Die God van die Bybel is die God van waarheid en in Hom is daar geen valsheid nie. Die Here Jesus sê volgens:
Johannes 16:6: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.“
In die waarheid is daar geen plek vir die leuen nie en daarom verbied die Bybel dan ook leuens (onwaarhede):
Levitikus 19:11: “Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.”
Spreuke 19:9: “‘n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.”
Kolossense 3:9: “Lieg nie vir mekaar nie,”
Vir die sondaars, insluitende leuenaars, is daar die volgende waarskuwing in die Bybel in:
Openbaring 21:8: “Maar … moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel:”
Hierdie geld vir almal wat hulle nie tot God bekeer het nie, wat nie vir Jesus as verlosser aangeneem het nie en wat volhard in hulle sonde.
Om met iemand ‘n ooreenkoms (verdrag) te hê, hetsy onder eed of nie, en dit dan nie na te kom nie is liefdelose gedrag, want dit benadeel die ander party. Daarom is dit, volgens die Bybelse definisie, ongetwyfeld sonde. Ons weet dat baie mense, Christene ingesluit, ooreenkomste en beloftes verbreek, maar dit is ‘n oortreding van die liefdesgebod en dus sonde.
In Islam
Moslems het egter Allah se toestemming om onder sekere omstandighede ede en ooreenkomste te verbreek. In die Quran word daar so ‘n uitsondering gemaak:
Sura 9:1-5: 1)“‘n Verklaring van vrystelling van Allah en Sy Boodskapper teenoor die afgodedienaars met wie julle ‘n verdrag gesluit het.
2) Gaan daarom vier maande lank in die land rond en weet dat julle nie van Allah kan ontsnap nie en dat Allah skande oor die ongelowiges sal bring.
3) En dit is ‘n aankondiging van Allah en Sy Boodskapper aan almal op die dag van die groot bedevaart, dat Allah, saam met Sy Boodskapper, vry is van verantwoordelikheid teenoor afgodedienaars.
5) En wanneer die heilige maande verby is, bring dan die afgodedienaars om waar julle hulle ook mag vind, en neem hulle gevange, beleër hulle en loer op hulle uit elke hinderlaag. …”
Yusuf Ali se Engelse vertaling van Sura 9:3:
“And an announcement from Allah and His Apostle, to the people (assembled) on the day of the Great Pilgrimage that Allah and His Apostle dissolve (treaty) obligations with the Pagans.”
Sura 2:225 : “Allah sal julle nie verantwoordelik hou vir jul ydele ede nie,”
Sura 5:89: “Allah sal julle nie verantwoordelik hou vir jul ydele ede nie, maar wel vir ede wat julle in alle erns aflê. Die boetedoening daarvoor is die gee van voedsel aan tien arm mense, met dieselfde soort voedsel waarmee julle jul huisgesinne voed; of om hulle te klee; of die bevryding van ‘n nek (‘n slaaf). Maar wie dit nie kan doen nie, sal drie dae lank moet vas.” (beklemtoning bygevoeg)
‘n Mens wonder wat sou die verskil wees tussen “ydele ede” en “ede in alle erns” afgelê. ‘n Mens sou verwag dat alle ede in alle erns afgelê word. Daar is egter selfs uitkomkans uit die ede wat in alle erns afgelê is, as jy geld het of drie dae kan vas kan jy daaruit ook kom. Wat ‘n gerieflike verskoning om jou plig te versuim, met toestemming van jou God:
Sura 66:2: “Allah het inderdaad die versoening (ontbinding) van julle ede vir julle goedgekeur;” Yusuf Ali se Engelse vertaling stel dit duideliker: “Allah has already ordained for you (o men) the dissolution of your oaths (in some cases).”
Allah gee hulle dus die reg om verdrae of ooreenkomste met nie-Moslems te verbreek. In sekere gevalle moet hulle egter vier maande wag voor hulle dit mag verbreek (sien vers 2,3 en 5 hierbo).
Die Hadith ondersteun die Quran hierin.
Al-Bukhari Vol. 6, B 60, No.137: Narrated ‘Aisha: This Verse: “Allah will not punish you for what is unintentional in your oaths.“
Al-Bukhari Vol. 6, Book 60, Number 138: Narrated Aisha: That her father (Abu Bakr) never broke his oath till Allah revealed the order of the legal expiation for oath. Abu Bakr said, “If I ever take an oath (to do something) and later find that to do something else is better, then I accept Allah’s permission and do that which is better, (and do the legal expiation for my oath ) “.
Al-Bukhari Vol. 8, Book 78, Number 656: Narrated ‘Aisha: regarding: ‘Allah will not call you to account for that which is unintentional in your oaths…‘
Al-Bukhari Vol. 8, Book 79, Number 715: Narrated ‘Abdur-Rahman bin Samura: “Allah’s Apostle said: And if you take an oath to do something and later on find another thing, better than that, then do what is better and make expiation for (the dissolution of) your oath.“
In verband met die verbreking van ‘n ooreenkoms, skryf die samesteller van die Al-Hadis, Karim, 1998: 23:133 Vol.2 bl.397, in sy voetnota as volg:
“Treaties and contracts which are consistent with the Quran and Hadis were ordered to be observed. Islam did not encourage laxity in disobeying the treaties as they are solemn pledges, but such contracts and treaties as are unlawful are not ordered to be observed.” (Emphasis added).
Karim, 1998:24:24 Vol.2 bl.479: “the Apostle of Allah said: The expiation of a vow is the same as for an oath.”
Karim, 1998:4:208 Vol.1 bl.467: “the messenger of Allah Mohammed) said: Falsehood is not lawful except in three things: falsehood of a man to his wife to please her, falsehood in war and falsehood in restoring peace among men.”
Die probleem is dat ‘n nie-Moslem nie ‘n manier het om te weet of ‘n ooreenkoms teenstrydig is met die Quran of Hadith, en of dit dus onwettig is nie. Dit kom daarop neer dat die Moslem die reg het om met ‘n nie-Moslem ‘n “onwettige” ooreenkoms aan te gaan wat hy dan later, wanneer dit hom pas, kan verbreek.
Soos vroeër aangetoon, verwag Allah dat sy boodskapper, Mohammed, gehoorsaam moet word. Wanneer Mohammed dus toestemming gee dat in sekere omstandighede leuens vertel kan word, is dit so goed of Allah gee self die toestemming. Jihad, wat ‘n sogenaamde “heilige oorlog” is, word hierby ingesluit, wat beteken dat die redes waar leuens toegelaat word redelik wyd is.
In die lig hiervan kan ‘n mens nie help om te wonder watter nut en sin enige vredesonderhandelinge met Moslems het nie. Daar is altyd vir die Moslem ‘n “wettige” uitkomkans uit ‘n ooreenkoms, onderneming of belofte. As dit volgens die Quran nie onwettige ooreenkomste was nie, kan die feit dat dit ‘n oorlog situasie is die Moslem vrystel van sy verpligting.
Ons het reeds gesien ‘n Moslem het geen keuse nie. Hy moet ter wille van Jihad gewelddadig wees as hy getrou aan Allah se opdragte wil wees. Hy mag egter daaroor lieg, met toestemming van sy God. Hy kan byvoorbeeld voorgee om vredeliewend te wees, en dat Islam ‘n vredeliewende godsdiens is, al weet hy dit is nie waar nie.
Oorlog is een van die drie uitsonderings in verband waarmee ‘n Moslem mag lieg, en hier gaan dit oor Jihad wat oorlog is en waarmee ‘n Moslem altyd besig is solank daar nie-Moslems is.