Islam se Paradys

In die algemeen kwalifiseer Moslems vir die Paradys op die volgende gronde:

Sura 33:35: “Waarlik, die Moesliems en die Moelimas, en die gelowige mans en die gelowige vroue, en die gehoorsame mans en die gehoorsame vroue, en die waaragtige mans en die waaragtige vroue, en die geduldige mans en die geduldige vroue, en die nederige mans en die nederige vroue, en die mans en vroue wat aalmoese gee, en die mans en vroue wat vas, en die mans en vrouens wat hul kuisheid bewaar, en die mans en die vroue wat dikwels aan Allah dink: vir hulle het Allah vergifnis en ‘n groot beloning voorberei”

Daar is egter ander maniere om te kwalifiseer. Een daarvan is:

Al-Bukhari Vol. 4, B 53, No 352: Narrated Abu Huraira: Allah’s Apostle said, “Allah guarantees him who strives in His Cause and whose motivation for going out is nothing but Jihad in His Cause and belief in His Word, that He will admit him into Paradise (if martyred) or bring him back to his dwelling place, whence he has come out, with what he gains of reward and booty.“

Sien gerus hoofstuk 9 vir meer maniere waarop, veral mans, redelik seker kan maak dat hulle kwalifiseer.

Vir diegene wat wel vir die Paradys kwalifiseer, wag daar baie plesier en dit sal vir ewig aanhou. Dit is ‘n plek van sinlike genot waar eet, drink en seks – by implikasie – die hoofbestanddele is. Daar is ‘n oorvloed van verwysings in die Quran na hierdie Paradys of Tuine, die plek waar die Moslems, wat dit verdien, wie se goeie dade genoeg was om hulle slegte dade te kanselleer, vir ewig gaan vertoef. Hier word slegs enkeles aangehaal:

Sura 2:25: “En verkondig ‘n blye tyding aan hulle wat glo en goeie dade doen, dat daar vir hulle tuine is waardeur riviere vloei. …. En daar sal vir hulle rein metgeselle wees om saam daarin te vertoef.”

Die hulle hierbo is heel waarskynlik mans, wat kwalifiseer, en die rein metgeselle wat saam met die mans in die tuine sal wees is vrouens (L.W. maagde). Na dreigemente van ‘n “smartlike straf” in Sura 37:29-39 vir diegene wat nie tot Islam wil bekeer nie en wie Allah se profeet nie respekteer nie, is daar goeie nuus vir die “gesuiwerdes” in:

Sura 37:40-44 en 48: “behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes. Vir hulle is daar ‘n bekende voorsiening. Vrugte, En hulle word geëer in Tuine van genot, op trone, teenoor mekaar. …En naas hulle sal vrouens wees van beskeie blik, met pragtige oë,”

Nog ‘n belofte van wat daar sal wees vir die mans wat kwalifiseer in:

Sura 38:50-52: “Tuine van ewigheid waarvan die deure vir altyd wyd oop is en waarin hulle hul sal neervly en aanroep, en waarin oorvloedig vrugte en drank is. En saam met hulle sal daar kuise vroue wees, metgeselle van gelyke leeftyd.”

Die vergoeding is hoofsaaklik steeds vroue. Diegene wat hulle plig (in Jihad) nakom, sal hulle bevind in:

Sura 44:52, 54: “In die tuine met bronne, gekleed in fyn sy en dik goudlaken, met die aangesig na mekaar gekeer. So sal dit wees! En Ons (Allah) sal hulle met suiwer, skone metgeselle verenig.”

Allah beloof ook in:

Sura 47:15: “‘n Beeld van die Paradys wat aan die pligsgetroues belowe word: Daarin sal strome van water wat nooit sleg word nie, en strome van melk waarvan die smaak nie verander nie, en strome van wyn, smaaklik vir die drinkers, en strome van gesuiwerde heuning; en daar is vir hulle allerlei vrugte, asook beskerming van hulle Here.”

So ook in:

Sura 52:17,19,20: “Die pligsgetroues sal sekerlik in Tuine en geluksaligheid wees, … Eet en drink met genoeë as verdienste vir julle dade, en vly jul neer op trone wat in rye gerangskik is. En Ons (Allah) sal hulle met skone metgeselle verenig.”

Dit gaan goed in die paradys met die manne wat kwalifiseer volgens:

Sura 55:70,72,74 & 76: “Daarin is goeie en mooi meisies, – … Skone maagde in pawiljoene gehuisves.(‘close-guarded in pavilions’– volgens Pickthall en ‘Maidens restrained in pavilions‘ volgens Y. Ali 2000) … Geen man of djien (gees) het hulle nog aangeraak nie. … Hulle sal hul neervly op groen kussings en pragtige tapyte.”

Dit wil voorkom uit die twee Engelse vertalings of hierdie skone maagde teen hulle sin aangehou word, anders is daar waarskynlik ander wesens in die Paradys wat vir hulle ‘n bedreiging kan inhou. Indien hulle vrywillig daar is sal close-guarded en restrained tog nie nodig wees nie. Is Islam se paradys dan so ‘n gevaarlike plek vir maagde? ‘n Mens wonder waar kom hierdie maagde vandaan en hoekom hulle daar is. Is hulle dalk deel van die mans wat vir die Paradys gekwalifiseer het, se genot?

In Sura 56 word daar ook ‘n verduideliking gegee van wat wag vir die Moslems wat genoeg “goed” gedoen het om in die paradys te kom:

Daar wag, (v.12) “tuine van verrukking” (v.23) “en suiwer, skoon metgeselle, soos verborge pêrels:” (v. 35-37) “Voorwaar, Ons (Allah) het vir hulle ‘n nuwe skepping geskape, en tot maagde het ons hulle gemaak, beminlik, en van gelyke ouderdom.”

Daar is nog talle voorbeelde in die Quran, te veel om almal aan te haal. As elke man meer as een maagd kry in die Paradys, volgens sommige bronne, onder andere Karim, 1998:23:44 Vol.2 bl.358, soveel as 72 maagde per man, lyk dit of daar meer vrouens as mans in die Paradys sal wees. Dit rym egter nie dat daar meer vrouens in die paradys gaan wees nie, want in die hel gaan daar blykbaar ook meer vrouens wees. Volgens Sahih-Al-Bukhari se samestelling van die Hadith in Khan, 1987:28,301 Vol.1 & 2:161, het Mohammed die volgende gesê:

“I was shown the hell-fire and that the majority of its dwellers were women”

In die latere bespreking sal dit duidelik blyk dat hierdie beloftes van genot wat vir ewig sal aanhou, in ‘n groot mate daar is om Moslem mans aan te spoor tot Jihad. Watter man, wat hierdie dinge werklik glo, sal nie bereid wees om sy lewe te offer in Jihad hiervoor nie?
Geweld in die Christendom word hierna bespreek. Daarna, in hoofstuk 9, ook geweld in Islam waar, onder andere Jihad en die redes daarvoor bespreek word.