Jesus, Seun van God v Mohammed

Die profeet, of dan boodskapper, van Islam maak daarop aanspraak dat hy die Here Jesus van die Bybel se meerdere is. Wanneer mens egter kyk na die karakter, geaardhede, doelwitte en die uitvoering daarvan in die lewe van hierdie twee persone, is daar so ‘n reuse verskil dat daar eintlik nie regtig sprake is van ‘n vergelyking nie. Net soos Satan homself aan God wou gelykstel en selfs bo God wou verhef, sonder sukses, is daar niemand anders wat homself suksesvol gelyk kan stel of kan verhef bo die Here Jesus Christus nie. Die bekendstelling van die Here Jesus deur die Bybel word vervolgens kortliks bespreek en Mohammed direk daarna. Daar is ‘n mate van oorvleueling met wat in hoofstuk 5 en 6 bespreek is.

Volgens die Bybel is Jesus die Seun van God en Hy is self ook God, wat na die wêreld kom in ‘n menslike liggaam met ‘n besondere doel. God, wie liefde is, wil die mens wat geestelik dood is as gevolg van die sondeval, verlos. Daarom skep Hy in die maagd Maria se liggaam die God-Mens deur wie Hy die mens wil verlos van hierdie geestelike dood. Die Here Jesus word gebore en word die Verlosser, wie deur God gestuur is as ‘n seën vir die wêreld. ‘n Kort aanhaling oor die boodskap van God, deur ‘n engel, aan die maagd Maria, deur wie God besluit het om Jesus na die wêreld te stuur volg:

Lukas 1: 31-35: “Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.” Maar Maria sê vir die engel: “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?” Die engel antwoord haar: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.” Sien ook Mattheus 1: 18-25.

Soos hierbo, volgens die engel, is Jesus, die Seun van God, die Woord is wat vlees geword het:

Johannes 1:14: “En die Woord (Jesus) het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid.“

Maar hoekom was dit nodig? Want:

Johannes 3:16: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

1 Johannes 3:8: “… Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.”

Die Here Jesus kom in nederigheid om te dien en nie om gedien te word nie. Hy dien deur verlossing vir die mens te verkry, deur sy lyding, kruisiging en opstanding:

Mattheus 11:29: “Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;”

Mattheus 20:28: “So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

Filippense 2:6-8: “Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.”

Daarom kan die sondige mens, wat die Here Jesus se geskenk van verlossing glo en met dankbaarheid aanvaar, saam met die apostel Paulus sê:

Efesiërs 1:7: “In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade.”

Verder word die liefde van God duidelik uit alles wat die Here Jesus leer, en sy optrede bevestig hierdie liefde van Hom. Jesus was sondeloos, en dit (Sy sondeloosheid) is niks anders as volmaakte liefde nie. Liefde is die vervulling van die wet en Hy het die wet kom vervul.

Daar is egter leuenaars wat nie wil erken dat die Here Jesus die gesalfde van God is nie:

1 Johannes 2:22-23: “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën. Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie.“

Kan die Seun van God anders wees as ‘n Goddelike wese, ten spyte van die menslikheid wat Hy van sy aardse moeder gekry het? Hoekom sal God ‘n gewone mens soos Mohammed verhoog bokant sy Seun Jesus Christus, soos wat beweer word in die Quran en die Hadith?

Mohammed veroorloof homself om in die Quran dinge te sê in verband met Jesus se geboorte. Dit kom gedeeltelik ooreen met die ware verhaal soos in die Bybel. Volgens die Quran het Maria ‘n bonatuurlike bevrugting gehad, vir die geboorte van Jesus:

Sura 3:46: “Toe het sy (Maria) gesê: My Heer, hoe sal ek dan ‘n seun hê as geen man by my ingaan? Ook so skep Allah wat Hy wil. Wanneer Hy iets beslis, sê Hy slegs: Wees, en dit word.”

Die Quran is korrek as dit ontken dat Allah ‘n seun gehad het. Volgens die Quran wil Allah nie die seun wat hy na bewering veroorsaak het, deur te sê; “wees”, sy seun noem nie. As Allah die ware God sou wees, sal dit baie moeilik vir Islam wees om te verduidelik wie Jesus dan sy Vader kan noem? ‘n Vader is tog nie net iemand wat fisies bevrug nie, maar ook die bewerker of bron van oorsprong (source of origen) van iets. Daarom kan Jesus van die Bybel vir Jahweh, die ware God, sy Vader noem.

Die kruisiging en sterwe van Jesus word in die Quran ontken. Daar word in Sura 4:157 beweer dat die Messias, Jesus, nie doodgemaak is nie, maar tog hoog genoeg geag is om Hom lewend in die hemel op te neem het, volgens:

Sura 4:157-158: “… hulle (Jode en Christene) sê; ons het die Messias, Jesus, die seun van Maria, die boodskapper van Allah, omgebring – en hulle het hom nie gedood nie, en ook nie tot die dood toe gekruisig nie, maar dit het vir hulle gelyk of dit so is. … hulle het hom beslis nie doodgemaak nie; nee, Allah het hom in sy aanwesigheid verhewe” (bedoelende hom lewend opgeneem).

Yusuf Ali se vertaling van hierdie twee tekste, bevestig dat dit die bedoeling is, dat Jesus lewend in hemel opgeneem is 158:

“…for of a surety they killed him not:- Nay, Allah raised him up unto Himself;”

So, volgens die Quran neem Allah vir Jesus lewend in die hemel op, en dit terwyl die sogenaamde laaste en finale profeet (Mohammed), op die ouderdom van 62 dood en begrawe is, en nog nooit weer sy verskyning gemaak het nie.

Soos in die vorige aanhaling verwys die Quran ook in Sura 4:171 na Jesus as “Die Messias”. Messias is ‘n Hebreeuse woord wat beteken “Gesalfde Een” (dit word ook vertaal as Christ in die Engelse vertalings van die Quran). Messias beteken niks anders nie as dat Hy (Jesus) deur God gesalf is vir die verlossingswerk wat Hy moes kom doen. Maar die Quran ontken dat Jesus die Verlosser is. Die Quran is egter reg in die sin dat Allah nie Jesus se Vader is nie. Dit is ‘n feit dat Allah niks met Jesus se geboorte te doen gehad het nie, want Jesus is die Seun van die ware God, Jahweh, wat gekom het om die mense (wat dit sou glo en aanvaar) van sonde te verlos en met Hom te versoen.

Soos in die Quran, beweer Mohammed volgens die Hadith ook dat Jesus nie dood was en opgewek is nie. Hy beweer egter wel dat Jesus tans, na 2000 jaar, nog lewe in die hemel, dat Hy in die laaste dae sal terugkeer aarde toe. Jesus sal dan regverdig oor mense oordeel en regeer:

Al-Bukhari Vol. 4, Bk 55, No. 657: Narrated Abu Huraira: “Allah’s Apostle said, ‘By Him in Whose Hands my soul is, surely (Jesus,) the son of Mary will soon descend amongst you and will judge mankind justly (as a Just Ruler);”

Volgens Karim, Vol. 4: bl. 50 sal Jesus dan ‘n vreemde wese met die naam Dajjal, onderwerp en hom doodmaak. Daarna sal hy Islam, as die enigste geloof op aarde vestig en dan sal Hy sterf:

“Then Jesus who is alive in heaven will descend from heaven and kill Dajjal with his own hand.” waarna Jesus dan, onder andere, die wet van Mohammed Shariat op aarde sal vestig, en dan volgens bl. 80: “After this Jesus will die and he will be buried …”

As gevolg van hierdie ooglopende verdraaiing van die feite in verband met Jesus se koms na die aarde, besef Moslems nie dat Jesus ook vir hulle verlossing van sonde en versoening met God bewerkstellig het nie. As hulle dit net wil glo en aanvaar. Dit word egter vir hulle baie moeilik gemaak deur die swaar straf vir afvalligheid van Islam, soos wat reeds bespreek is.

In teenstelling met Jesus se nederigheid, soos hierbo bespreek, is die Quran vol van Mohammed se grootheidswaan. In die Quran is daar talle tekste waar Mohammed aandring op gehoorsaamheid aan hom. Enkele aanhalings:

Sura 3:131: “En gehoorsaam Allah en die Boodskapper (Mohammed) sodat genade aan julle betoon mag word.”

Sura 4:80: “Wie die boodskapper (Mohammed) gehoorsaam, gehoorsaam ook Allah.”

Sura 5:92: “En gehoorsaam Allah en die Boodskapper (Mohammed), en waak”

Sura 8:20: “O julle wat glo, gehoorsaam Allah en sy Boodskapper en keer nie van hom terwyl julle hom hoor nie.”

Sura 24:54: “Sê: Gehoorsaam Allah en gehoorsaam die Boodskapper (Mohammed)”

Diegene wat Mohammed nie gehoorsaam nie het groot probleme. Sien die aanhalings:

Sura 48:13: “En wie nie in Allah en sy Boodskapper glo nie – voorwaar, Ons het ‘n brandende Vuur vir die ongelowiges voorberei.”

Sura 58:5: “Waarlik, hulle wat teenstand teen Allah en sy Boodskapper bied, sal verneder word soos diegene voor hulle verneder is; en inderdaad het Ons (Allah) duidelike boodskappe geopenbaar. En vir die ongelowiges is daar ‘n vernederende straf.”

Sura 58:20: “Waarlik, diegene wat teenstand teen Allah en sy Boodskapper bied, hulle sal onder die vernederdes verkeer.”

Sura 59:4: “Dit is omdat hulle weerstand teen Allah en sy Boodskapper gebied het, en hulle wat weerstand teen Allah bied, laat hy weet dat Allah waarlik streng is in die straf.”

Die Hadith is dit eens sover dit Mohammed se belangrikheid betref:

Al-Bukhari Vol. 4, Bk 55, No. 626: Narrated Abu Huraira: “The Prophet became angry, till anger appeared on his face, and said, “Don’t give superiority to any prophet amongst Allah’s Prophets, for when the trumpet will be blown, everyone on the earth and in the heavens will become unconscious except those whom Allah will exempt. The trumpet will be blown for the second time and I will be the first to be resurrected to see Moses holding Allah’s Throne.”

Karim, 1998:44:18 Vol.4 bl.323: “the Messenger of Allah said: I shall be the leader of the children of Adam on the day of Resurrection and there’s no boast, and in my hand will be the standard of praise and there’s no boast, and there will be no Prophet on that day, Adam or anybody who will not be under my standard, and I shall be the first of those who will burst out of the earth and there’s no boast.”

Volgens die Bybel het Jesus geen sonde gedoen nie en Islam ontken dit nie. Dit skep vir Islam ‘n probleem, want volgens die Hadith en die Quran is dit duidelik dat Mohammed wel sonde gedoen het. Hoewel die Al-Hadis van Karim daarop aanspraak maak dat Mohammed sondeloos was, word dit deur aanhalings uit Al-Bukhari se Hadith, sowel as die Quran, weerspreek aldus:

Al-Bukhari – Khan, 1987:319 Vol.8 bl.213: “I heard Allah’s Messenger saying. ‘By Allah! I ask forgiveness from Allah and turn to Him in repentance more than seventy times a day.’”

Hierdie is maar een van talle voorbeelde uit Al-Bukhari waar Mohammed by Allah om vergifnis gevra het vir sy sonde. So ook in die volgende aanhaling uit die Quran:

Sura 48:1,2: “Voorwaar, Ons (Allah) het aan u (Mohammed) ‘n duidelike oorwinning verleen, sodat Allah u tekortkominge (‘faults’ volgens Y Ali) van die verlede en van die toekoms kan bedek (‘forgive’ volgens Y Ali), en dat Hy sy guns aan u kan volbring en u op die regte pad kan lei,”

Dit is duidelik dat die oorwinning wat hy op die slagveld behaal het vir hom vergifnis vir vorige sowel as toekomstige “tekortkominge” verwerf het. Onthou: in Islam kanselleer goeie dade slegte dade (sonde) uit, en in hierdie geval was Mohammed se sukses op die slagveld genoeg om al sy sonde te bedek. Dit is werklik ‘n vertalings probleem as hy sondeloos was. As “tekortkominge” nie sonde is nie, hoekom moet dit vergewe of bedek word? En hoekom moet ‘n sondelose mens op die regte pad gelei word?

Soos reeds aangedui, is daar nie in die Quran ‘n duidelike omskrywing van wat sonde is nie, wat dit baie moeilik maak om vas te stel of iemand sonde gedoen het. Uit die Quran en Mohammed se tradisies (die Hadith), insluitende die wat hier aangehaal is, is daar egter heelwat dinge wat Mohammed gedoen het wat, volgens die Bybelse definisie, as ernstige liefdeloosheid en dus sonde sou deurgaan.

Die liefdeloosheid (sonde) van Mohammed se optrede is oor en oor bevestig in die aanhalings hier. Alle liefdelose optrede is sonde. Sy liefde vir vrouens is egter so belangrik vir Mohammed dat Allah in ‘n openbaring aan hom (Mohammed) ‘n uitsondering vir hom gemaak het, vir sover dit vrouens betref. Hy mag, volgens die Quran meer vrouens hê as wat toegelaat word vir ander Moslem mans. Dit word volgende bespreek.