Sonde, Straf en Vergifnis

Volgens die Bybel

Die Bybel maak dit baie duidelik wat sonde is. God het die Tien Gebooie as wet (opdrag) gegee. Die Here Jesus het die betekenis van die wet van God saamgevat. Dit beteken in wese, liefde vir God en medemens (sien Mattheus 22:37-39, soos aangehaal in die vorige hoofstuk). ‘n Mens moet God bó alles liefhê en jou naaste soos jouself. As ‘n mens dit uitleef, vervul jy die wet. Sonde is dus oortreding van die wet of wetteloosheid:

1 Johannes 3:4: “Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.“

Die wet (God se opdrag) is liefde. Daarom is ‘n oortreding van die gebod van liefde sonde en wetteloosheid. Sonde is dus, in ander woorde, liefdeloosheid of liefdelose gedrag. Enigiets wat ‘n mens doen wat tot oneer van God is of wat tot nadeel van jou naaste is, is liefdeloosheid en dus sonde. Volgens die Bybel is die loon van die sonde die dood (ewige verwydering van God):

Romeine 6:23: “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.” (hierdie dood is vervreemding van God)

Sonde en die straf daarvoor, volgens die Bybel, is baie duidelik en heeltemal verstaanbaar. Die straf is die dood van die sondaar, fisies en geestelik (ewige verderf). Hierdie dood beteken nie om gemartel te word of wreed vermoor te word of op enige ander manier te ly nie. Afgesien van die dood as vereiste straf vir die sonde, besluit God alleen hoe straf tydens ‘n mens se lewe hier op aarde toegepas word. Hy doen dit egter nie deur onnodige of aanhoudende marteling en lyding nie.

God het die mens lief en wil hom van hierdie dood verlos. In Sy liefde het God beskik dat Hyself, in die Here Jesus Christus, die Offer sal voorsien wat die straf moes dra vir die sonde van die mens. Elke mens wat dit glo en aanvaar word op grond van Sy verdienste vergewe en van straf vrygestel.

Diegene wat God se geskenk van verlossing deur die Here Jesus geglo en aanvaar het, behoort aan Hom en sy liefde is dan in so ‘n persoon se hart uitgestort:

Romeine 5:5: “… die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is“.

As sy liefde in ‘n mens se hart uitgestort is dan is sy wet in jou hart. ‘n Mens het dan, deur die krag wat Hy voorsien, die vermoë om daarvolgens te lewe.

Indien die gelowige egter weens menslike swakheid soms oortree, is die volgende van toepassing volgens:

1 Johannes 1:9: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.“

God laat soms wel lyding of ernstige probleme toe in toegewyde Christen-gelowiges se lewens, wie se sonde reeds vergewe is. Teëspoed en ernstige probleme is nie altyd straf vir sonde nie, behalwe miskien as ‘n ware gelowige weer liefdeloos opgetree het. Dit is normaalweg bloot die nagevolge van sonde wat wel vergewe is. Ernstige lyding en fatale marteling in toegewyde Christen-gelowiges se lewe is die gevolg van ander mense se sonde.

Volgens Islam se boeke

Die Quran gee nie ‘n duidelike definisie van wat sonde is nie. Verskillende oortredinge en sondes word eerder by die naam genoem en dan word uitsprake daaroor gemaak. Sonde in Islam is dus bloot oortreding van opdragte en verbiedinge van Allah se bevele. Allah besluit of ‘n spesifieke daad sonde is of nie en hy mag van plan verander, aldus:

Al-Bukhari – Khan, 1987. Vol.9. 343: “Something forbidden by the Prophet is legally prohibited unless there is proof that (later on) it was (made) legal.”

Karim 1998 Vol. 3 bl.128 gee ‘n lys van 53 sondes, maar ‘n Moslem weet dalk nie of dit dalk verander het nie: “The following have been enumerated by the jurists to be the great sins:” Enkele voorbeelde: nr. 1: “To set up a partner with Allah.” no. 12: “Rebellion without just cause”, nr. 20: “To have friendship with the unbelievers to the detriment of Islam.”

Behalwe vir lyste van sondes in die Quran en Hadith weet die mens dus nie of sy dade sonde is of nie. Daar is selfs dade wat in sekere omstandighede sonde is en soms nie, byvoorbeeld sover dit alkohol en dobbelary betref Sura 2:219 – 5:90-91 en doodmaak Sura 5:32 – 9:5 en owerspel:

Sura 17:32: “En bly weg van owerspel: waarlik, dit is liederlik. En sleg is die weg.”

Teenoor:

Sura 23:5-6: “ … en hulle geslagsdrifte beteuel, behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of die wat hulle regterhande besit (die nie-Moslem vroue wat gevangenes is), want dan sal hulle sekerlik nie verwyt kan word nie.”

Wanneer Allah besluit ‘n daad is sonde, besluit hy ook wat die straf daarvoor is. Behalwe in gevalle waar iets gedoen word teen die Islam geloof weet die persoon gewoonlik nie of sy daad sonde is nie. indien hy wel weet dat dit sonde is weet hy ook nie altyd wat Allah se straf daarvoor is nie. Daar is darem vir sommige oortredings ‘n mate van duidelikheid wat Allah se voorskrif vir straf is. Een voorbeeld is diefstal:

Sura 5:38,39 (41,42 in sommige Engelse vertalings): “En wat die man of vrou betref wat aan diefstal gewoond geraak het, kap hulle hand af; ‘n straf van Allah as voorbeeld. …. Maar hy wat na sy oortreding berou het en homself verbeter – na hom sal Allah Hom met barmhartigheid wend.”

Die aanhaling hieronder is maar een van talle opdragte in die Quran tot straf. Gelukkig vir vroue is dit darem nie so gewelddadig soos vir die meeste ander oortredings nie. Allah gee duidelike instruksies oor hoe Moslem mans teenoor hulle vrouens, wie hy duidelik minderwaardig ag, moet optree:

Sura 4:34 “Mans is die onderhouers van vroue, waarin Allah dan ook sommige laat uitblink bo ander, omdat hulle hul vermoë bestee. Daarom is ‘n deugsame vrou ook onderdanig, … En hulle van wie julle ongehoorsaamheid vrees, wys hulle tereg, en laat hulle in die beddens alleen, en tugtig hulle.” Dawood se Engelse vertaling stel dit so: “Men have authority over woman, because God (Allah) made the one superior to the other, and because they spend their wealth to maintain them. … As for those from whom you fear disobedience, admonish them, forsake them in beds apart, and beat them.”

Verder word oortredings van Allah se opdragte en bevele gestraf volgens die strawwe wat die Quran voorskryf vir verskillende oortredings. Dit is onmoontlik om al die strawwe vir elke oortreding te noem. Dit is ook nie altyd dieselfde straf vir dieselfde oortreding nie. Dit hang daarvan af of dit voldoende is vir Allah.

Moslems weet egter nie altyd of sy oortreding sonde is, hoe ernstig dit is en wat die straf daarvoor is nie. Dit sal verder duidelik word dat straf in Islam baie erg kan wees. As jy egter ‘n nie-Moslem is kan jy maar weet jy het ernstige probleme, al weet jy nie altyd hoe erg die kastyding sal wees nie.

Sura 3:55: “Aangaande die ongelowiges (nie-Moslems): Ek sal hulle straf met die ergste kastyding in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en hulle sal geen helpers hê nie.” (beklemtoning bygevoeg)

Sura 17:75 in verband met enige teenkanting of ongehoorsaamheid aan Mohammed, Allah se profeet: “dan sou Ons (Allah) u ‘n dubbele straf in hierdie lewe en ‘n dubbele straf na die dood laat verduur het,”

Sura 24:19: “Diegene wat daarvan hou dat die gelowiges te beskinder word, sal in hierdie wêreld en in die Hiernamaals ‘n smartlike straf ondergaan.”

Sura 8:12,13: Allah sê: “Ek sal ontsteltenis in die harte van die ongelowiges plant. Slaan daarom bo die nekke en slaan al hulle vingertoppe af. Dit is omdat hulle hul teen Allah en sy Boodskapper verset het. En wie teen Allah en sy Boodskapper wederstrewig is, moet weet dat Allah streng met die vergelding is.”

Sura 73: 12-13: “Voorwaar, by Ons (Allah) is swaar boeie en ‘n vlammende vuur, en voedsel wat verstik, en ‘n smartlike straf.”

Selfs Moslems weet nie altyd of hulle oortree en hoe erg die straf gaan wees nie. Soos hierdie bejaarde man, in die aanhaling hierna, wat nie geweet het hoe erg sy oortreding is en hoe ernstig die straf daarvoor is nie:

Al-Bukhari – Khan, 1987:173 Vol.2 bl.100: “The Prophet recited Surat-an-Najm (‘n soort gebed waar die voorkop vuil moet wees as bewys dat laag voor Allah gebuig is) at Mecca and prostrated while reciting it and those who were with him did the same except an old man who took a handful of small stones or earth and lifted it to his forehead and said, ‘this is sufficient for me.’ Later on, I saw him killed as a non-believer.”

Verdere aanduidings hoe Mohammed straf toegedien het volgens Al-Bukhari:

Khan, 1987 Vol.8: 794 bl.520: “The Prophet did not cauterize (the amputated limbs of) those who fought (against Allah and His Messenger) and of those who were renegades (reverted from Islam) (therefore they bled) till they died.”

Khan, 1987:796 Vol.8 bl.521: “the Prophet ordered for some iron pieces to be made red hot, and their eyes were branded with them and their hands and feet were cut off and were not cauterized. Then they were put at a place called Al-Harra, and when they asked for water to drink they were not given till they died.”

‘n Moslem kan egter weet, as hy ophou om ‘n Moslem te wees (afvallig raak van Islam) is dit sy einde as hy nie suksesvol kan ontvlug nie. Al-Bukhari verstaan en verduidelik die opdrag in die Quran in verband hiermee so:

Khan, 1987:57 Vol.9 bl.45: “Allah’s Messenger said, ‘Whoever changed his Islamic religion, then kill him’.”

Khan, 1987:64 Vol. 9 bl.50: “So, where-ever you find them, kill them, for who-ever kills them shall have reward on the Day of Resurrection.”

Straf in Islam is, soos blyk uit die aanhalings hierbo, merendeels baie gewelddadig, sien hoofstuk 9 vir meer inligting oor oorlogsgeweld (Jihad) in Islam.

Gelukkig is daar darem soms vergifnis vir ‘n Moslem, as Allah so besluit:

Sura 4:48: “Waarlik, Allah vergewe niemand wat iets of iemand aan Hom gelyk stel nie, maar hy sal alle ander dinge vergewe van wie Hy wil.” (beklemtoning bygevoeg)

Sura 4:17: “Waarlik, berou teenoor Allah is slegs vir hulle wat in onwetendheid gesondig het en spoedig daarna tot Allah terugkeer.”

Hoe weet ‘n Moslem of sy berou spoedig genoeg was en of Allah bereid is om sy oortreding te vergewe is? Hoe sal hy kwalifiseer vir die “hemel” of die “paradys”? Daar is sekere vereistes, maar dit bly maar baie onseker. Enkele aanhalings uit die Quran volg:

Sura 2:82: “En hulle wat glo (Moslems) en goeie dade doen, sal die hemel beërwe;”

Sura 23: 102-103: “Diegene dan wie se goeie dade swaar weeg, sal suksesvol wees. En diegene wie se goeie dade lig sal weeg, dit is hulle wat hulle siele verloor het; in die hel sal hulle vertoef.“

Sura 11:114: “Onderhou die gebed aan die twee uiterstes van die dag en gedurende die eerste ure van die aand. Waarlik, goeie dade verdryf die slegtes.”

Sura 57:21: “Wedywer dan om die vergifnis van julle Here en vir die paradys, waarvan die breedte gelyk is aan die breedte tussen die hemel en die aarde, voorberei vir diegene wat in Allah en Sy boodskappers glo. Dit is die genade van Allah; Hy gee dit aan wie Hy wil.” (beklemtoning bygevoeg)

Goeie dade kan help, maar dit is dikwels onseker watter dade goed is. Allah moet in elk geval eers besluit of hy wil vergewe. Dit bly maar ‘n baie onsekere saak. Moslems sal volgens Islam se boeke eers in die hiernamaals weet of hulle goeie dade genoeg was om hulle sondes te kanselleer, en of hulle vir die paradys te kwalifiseer.

Soos aangetoon is die Bybel, aan die ander kant, baie duidelik oor wat sonde is, wat die straf daarvoor is en hoe om vergifnis daarvoor te kry. Daar is egter wel baie Christene wat hierdie dinge nie weet nie, omdat hulle nie ernstig genoeg is oor hulle Christenskap en die Bybel nie.

So, wat is Islam se Paradys en hoe kwalifiseer ‘n Moslem daarvoor?