Geweld in Islam

Islam is betrokke by baie geweld in die wêreld. Geen poging gaan aangewend word om dit te bewys nie, want elke persoon wat die nuus volg weet daarvan. Moslems is egter nie noodwendig gewelddadige mense nie. Daar is reeds aangetoon dat ‘n Moslem iemand is wat onderwerp is aan die Islam geloof, en dat die geloof gebaseer is op hulle heilige boeke, die Quran en die samestellings van die Hadith (tradisies van Mohammed). Vanweë hulle hoë agting en eerbied vir hierdie boeke lewe Moslems in gehoorsaamheid hieraan en volg hulle die leringe daarvan getrou na. Hoe meer getrou ‘n Moslem aan Allah is, hoe meer getrou volg hy die leringe van Mohammed in die Quran en die Hadith. Die volgende leringe uit hierdie boeke in verband met geweld, insluitende Jihad (heilige oorlog), bepaal of ‘n Moslem te alle tye vredeliewend mag optree, ongeag hoe vredeliewend hy van nature is.

Deur sy apostel (Mohammed) roep Allah Moslems op tot, onder andere, geweld teen die vyand. In Islam is die vyand alle nie-Moslems, wie in Islam se boeke “ongelowiges” genoem word. Christene en Jode word pertinent genoem as ongelowiges teen wie opgetree moet word. Dit word genoem Jihad, maar Moslems noem dit ook ‘n heilige oorlog, want dit gaan daaroor dat Islam oorheers. Allah beveel sy volgelinge dikwels in die Quran om vir hom te veg. Daar is verskillende verduidelikings deur Moslems oor wat Jihad is, maar dit kom onder andere daarop neer om te “veg” of te “strewe” vir oorheersing deur Islam.

Enkele aanhalings uit die Quran, waarvan daar ‘n oorvloed is, waar Moslems aangespoor word tot geweld teen “ongelowiges”, dit wil sê nie Moslems volg:

Sura 4:74: “Laat hulle dan wat die lewe van hierdie wêreld vir dié van die Hiernamaals opoffer, op die weg van Allah veg. En wie ook al op die weg van Allah veg, ongeag of hy sneuwel of ‘n oorwinning behaal, Ons (Allah) sal hom weldra ‘n groot beloning gee.”

Sura 4:76 “Hulle wat glo, veg op die weg van Allah, maar die ongelowiges (nie-Moslems) op dié van die duiwel. Veg daarom teen die vriende van die duiwel.”

Nie-Moslems word hierbo beskryf as “vriende van die duiwel” terwyl Moslems diegene is wat hier as “hulle wat glo” beskryf word. Moslems, het nie ‘n ander keuse as om Allah se opdragte uit te voer nie.

Sura 4:84: “Veg dan op die weg van Allah – u (Mohammed) is slegs vir uself verantwoordelik – en spoor die gelowiges aan. Dit kan wees dat Allah die strydkrag van die ongelowiges beteuel.”

Sura 4:89: “Hulle wens dat julle so ongelowig is as hulle, sodat julle aan mekaar gelyk kan wees; neem daarom geen vriende uit hulle midde nie, totdat hulle ter wille van Allah uit hulle huise gevlug het. As hulle weer in vyandskap verval, gryp hulle dan en maak hulle dood, waar julle hulle ook al mag vind;” (beklemtoning bygevoeg)

Sura 38:2-3: “Nee, die ongelowiges is valslik trots en opstandig. Hoeveel geslagte het Ons (Allah) nie voorheen reeds vernietig nie, en hulle het uitgeroep toe daar geen tyd meer was om te ontsnap nie!” (beklemtoning bygevoeg)

Moslems moet veg en doodmaak, dis Allah se opdrag. Hulle maak egter daarop aanspraak dat hulle slegs uit selfverdediging veg en doodmaak. Hierdie gedeelte verwys egter na mense wat reeds gevlug het ter wille van Allah, en wat dan doodgemaak moet word waar hulle ook al gevind mag word. Hulle moet gesoek en doodgemaak word. Dit kan werklik nie deurgaan as selfverdediging nie. Sura 4:104 sluit hierby aan:

“En wees nie weekhartig as julle die vyand agtervolg nie.”

As jy die vyand agtervolg, beteken dit dat die vyand besig is om te vlug. Wat sou Allah bedoel as hy sê dat die agtervolgers nie weekhartig moet wees nie? Hulle moet egter onwrikbaar wees teen nie-Moslems. Pickthall se Engelse vertaling sê “relent not in pursuit“, en dit beteken minstens dat Allah nie wil hê dat hulle moet ontvlug nie maar ingehaal moet word. Wat daarna sal gebeur met die nie-Moslems wat agtervolg moet word, behoort duidelik te word uit die res van die bespreking.

Sura 48:29: “Muchammad is die Boodskapper van Allah, en diegene saam met hom is onwrikbaar teen die ongelowiges gekant, en sagmoedig onder mekaar.” In Engels: “Muhammad is the Apostle of Allah; and those who are with him are strong against unbelievers, (but) compassionate amongst each other.” (Ali, 2000:471) en: “Mohammed is the messenger of Allah. And those with him are hard against the disbelievers and merciful among themselves.” Pickthall (1997:372).

Hoe streng en onwrikbaar moet hulle wees teen nie-Moslems? Wanneer die “kinders van Israel” in die volgende aanhaling hulle-self verdedig teen aanvalle van Mohammed se magte, omdat hulle nie sy “redenerings” wou aanvaar nie, moet hulle so gestraf word:

Sura 5:33 sê: “Die enigste straf vir hulle wat oorlog teen Allah en sy boodskappers voer, en begeer om wanorde in die land te skep, is dat hulle doodgemaak moet word; of dat hulle gekruisig moet word; of dat hulle hande en voete, die linker van die een en die regter van die ander, afgekap moet word; of dat hulle uit die land verban moet word.”

Want Moslems moet veg, hulle word onder andere, so aangemoedig deur Allah se profeet, Mohammed:

Sura 8:65: “O Profeet, spoor die gelowiges (Moslems) aan tot die geveg. As daar twintig onder julle is wat standvastig is, sal hulle tweehonderd oorwin; en as daar honderd onder julle is, sal hulle duisend ongelowiges (nie-Moslems) oorwin; Veg teen hulle omdat die ongelowiges nie wil verstaan nie.”

Let daarop dat daar in hierdie geval geveg moet word, nie om ‘n aanval af te weer nie, maar omdat hulle (nie-Moslems) nie wil verstaan nie. Die Quran se opdrag is verder baie duidelik:

Sura 2:216: “Julle word beveel om te veg (Jihad) hoewel julle ‘n afkeer daarvan het; maar dit kan wees dat julle teësin het in iets wat vir julle heilsaam is,” Yusuf Ali (2000:270) se Engelse vertaling stel dit so: “Fighting (Jihad) is prescribed for you, and you dislike it. But it is possible that you dislike a thing which is good for you,”

Hierdie is ‘n duidelike aanmoediging deur Islam se profeet Mohammed aan Moslems tot oorlog. Hy doen dit direk in opdrag van Allah. Dit geld ook vir die volgende aanhalings uit die Quran.

Sura 9:73-74: “O Profeet, stry hard teen die ongelowiges en die huigelaars, en wees streng teen hulle. Hulle eindbestemming is die Hel – ’n slegte bestemming. … hulle het wel die woord van ongeloof geuiter nadat hulle gelowig geword het. … As hulle berou toon, sal dit vir hulle beter wees; maar as hulle wegdraai, sal Allah hulle met ’n pynlike straf tref – in hierdie wêreld en in die Hiernamaals.“

Sura 9:111: “… Hulle (Moslems) veg op die weg van Allah en bring om, en word ook omgebring.”

Sura 9:123: “O julle gelowiges (Moslems), beveg die ongelowiges (nie- Moslems) wat naby julle is, en laat hulle vasberadenheid in julle vind.”

Sura 61:4: “Voorwaar, Allah het hulle lief wat op Sy weg in geledere veg,”

Sura 66:9: “O Profeet (Mohammed), stry teen die ongelowiges en die huigelaars en wees streng teen hulle.”

Nie alle Moslems kan fisies veg nie en die “vredeliewende” onderdane van Allah moet die finansies en middele vir die Jihad of heilige oorlog voorsien. Moslems moet Zakaat – verpligte “liefdadigheid” – betaal, wat help vir die koste van Jihad. Hulle moet egter ook volgens die Quran hulle besittings beskikbaar stel vir die doel van Jihad. Verder verkry Islam ook fondse uit Jizya. Dit is ‘n vorm van belasting wat as ‘n vergoeding betaalbaar is deur nie-Moslems, genoem zimmis ook gespel Dhimmi/s, aan ‘n Moslem owerheid, indien hulle gelukkig genoeg is om nie doodgemaak te word nie. In sy voetnota by die woord Jizya, in sy vertaling van die Quran, sê Ali (1946:447):

“the root meaning is compensation. … was a poll-tax levied from those who did not accept Islam,”

Daar is ook ‘n oorvloed van uiters suksesvolle en florerende Moslem sakelui, in veral nie-Moslem lande, wie groot bydraes vir die doel van Jihad maak. Die geld en besittings van Moslems, insluitende die middele wat in nie-Moslem lande bymekaar gemaak word, is veronderstel om aangewend te word ter wille van Allah se heilige oorlog teen ongelowiges (alle nie-Moslems). Die Quran asook die Hadith is duidelik hieroor, en elke Moslem is verplig om te gehoorsaam, want dit is Allah se opdrag.

Sura 9:34: “… En hulle wat goud en silwer ophoop en dit nie in die weg van Allah bestee nie – verkondig aan hulle ‘n smartlike straf.”

Sura 9:41: “Gaan voort, lig of swaar, en strewe hard op die weg van Allah met julle rykdomme en julle lewens.”

Maar hoekom is Jihad – hierdie nimmereindigende oorlog wat heilig genoem word – dan so belangrik in Islam? Hoekom is dit nodig? Wat moet bereik word? Dit is reeds uit bogenoemde aanhalings uit die Quran, duidelik dat dit gedoen word ter wille van Allah. ‘n Mens wonder of Allah, as hy dan God is, nie vir homself kan sorg nie. Hierna volg enkele aanhalings uit die Quran wat wys dat niemand, iemand anders as Allah mag aanbid nie, en dat dit is die rede vir oorlog teen alle nie-Moslems.

Sura 9:29: “Beveg hulle wat nie in Allah en aan die Laaste Dag glo nie, en nie verbied wat Allah en sy Boodskapper verbied het nie, en nie die Godsdiens van die Waarheid (Islam) navolg nie – onder diegene aan wie die Boek (Bybel) voorheen gegee is (Jode en Christene) – totdat hulle die belasting ter erkentenis van voorrang betaal en hulle onderdanig is.” Volgens Dawood moet daar teen die ongelowiges geveg word, “totdat hulle die bydrae uit die hand betaal en hulle volkome onderwerp is.”

Sura 48:28: “Dit is Hy (Allah) wat Sy Boodskapper (Mohammed) met die leiding en die godsdiens van die Waarheid (Islam) gestuur het, sodat Hy dit oor alle ander godsdienste mag laat seëvier.”

Sura 2:193 as volg: “En beveg hulle totdat die vervolging verby is, en die godsdiens alleen vir Allah is.”

Sura 8:39: “En veg met hulle (ongelowiges is nie-Moslems) totdat daar geen vervolging meer is nie, en totdat alle godsdienste vir Allah is.”

Die Hadith is dit eens met die Quran. Enkele aanhalings uit die Hadith van Al-Bukhari ter bevestiging van bogenoemde volg:

Al-Bukhari, in sy woordelys, Khan, 1987 Vol. 4: viii, beskryf Jihad as volg: “Holy fighting in the cause of Allah or any other kind of effort to make Allah’s Word (Islam) superior, which is regarded as one of the principles of Islam.”

Al-Bukhari – Khan, 1987 Vol.9 bl.167 “And fight them until there are no more afflictions (i.e. no more worshipping of others beside Allah).”

Al-Bukhari – Khan, 1987: Vol.4 52. 196: “Allah’s Messenger (Mohammed) said, ‘I have been ordered to fight with the people till they say, ‘none has the right to be worshipped but Allah.’ and whoever says, ‘None has the right to be worshipped but Allah,’ his life and property will be saved by me.’”

Al-Bukhari – Khan, 1987: Vol.4. 53. 35): “A Bedouin asked the Prophet: ‘A man may fight for the sake of booty, and another may fight so that he may be mentioned by the people, and a third may fight to show his position (i.e. bravery); which of these is regarded as fighting in Allah’s cause?’ The Prophet said, ‘He who fights so that Allah’s Word (i.e. Islam) should be superior, fights for Allah’s cause.’“

Al-Bukhari – Khan Vol. 9. 93. 550: Narrated Abu Musa: The Prophet said, “The one who fights that Allah’s Word (Islam) should be superior, fights in Allah’s Cause.“

Al-Bukhari – Khan, 1987 Vol. 2. 26. 59: Narrated Abu Huraira: The Prophet was asked, “Which is the best deed?” He said, “To believe in Allah and His Apostle.” He was then asked, “Which is the next (in goodness)?” He said, “To participate in Jihad in Allah’s Cause.“

Enkele voorbeelde van ander Moslem leiers se uitsprake volg:

Ahmed Deedat, iemand wat vir jare, as gevolg van beroerte, ‘n invalide was wat homself glad nie meer kon help nie en ook nie meer kon praat nie, was voorheen ‘n vurige en ywerige Suid-Afrikaanse Moslem apologeet en propagandis. Dit was sy groot passie om die Christendom en veral die Here Jesus Christus af te kraak en te bespot. In sy pamflet What is his Name?, uitgegee deur die Islamic Propagation Centre, Durban, 1986 soos aangehaal uit Hunt, (Cup of Trembling, 1995 p. 275) sê hy:

“Our armour, sword and shield in this battle of Faiths are in the Koran, we have been chanting it for centuries … now we must bring them forth into the battlefield.”

Ayatollah Khomeini, ‘n vorige godsdienstige en politieke hoof van Iran, waarna ook hierbo verwys is, het na die grootskaalse slagting van nie-Moslems insluitende Christene, onder sy leierskap gesê:

“In Persia (Iran) no people have been killed so far – only beasts!” en by ‘n ander geleentheid: “The purest joy in Islam is to kill and be killed for Allah” (aangehaal uit Moshay, 1994 p. 31-32)

Lyk die aanhalings hierbo, uit Islam se belangrikste boeke en sommige Moslem leiers in Islam, na vredeliewend?