Islam, Israel en Geweld

Nadat God vir Abra(ha)m uit Ur van die Galdeërs geroep het na die land Kanaän toe, het God ook ‘n belofte aan hom gemaak:

Genesis 17:8: “En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ’n ewige besitting; en Ek sal vir hulle (Abraham se nageslag) ’n God wees.”

God herhaal hierdie belofte in:

Genesis 48:4: “Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ’n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee.”

Hierdie belofte van God aan Abraham, van die land as ‘n ewige besitting, is die belofte aan sy afstammelinge deur sy seun Isak by sy vrou Sara. Dit word bevestig deur:

Genesis 25: 5, 6: “En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het, maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.“

Deuteronomium 14:2: “Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.”

1 Kronieke. 16:13 “… o nageslag van Israel, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes! 14 Hy, die HERE is onse God; oor die ganse aarde is sy oordele. 15 Dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte— 16 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak; 17 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as ‘n ewige verbond,”

Psalm 89:4 “Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe: 5 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag.”

Romeine 11:1 “Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elia sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:”

Die Quran sê iets soortgelyks as hy van die Israeliete en die heilige land sê, in:

Sura 5:20,21: “En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk, dink aan die guns van Allah en hoe hy profete onder julle verwek, en van julle konings gemaak het, en aan julle gegee het wat hy aan geen ander volk gegee het nie. O my volk, betree die heilige land wat Allah vir julle bestem het …“

Die Quran leer dat Israel die uitverkore volk van Allah is, maar dat Israel verwerp is as Allah se volk en dat Islam nou die uitverkorenes van hulle god Allah is. Die Quran leer dat die Israeliete as uitverkorenes deur “Allah … oor hul ongeloof vervloek” is (Sura 2:88,89). Volgens Islam het die Jode geen bestaansreg nie en moet hulle, sowel as die Joodse staat, Israel, van die aardbol verwyder word.

Hierdie haat teen Israel word aangevuur in die Quran, waar daar heelwat haat spraak teen die Jode voorkom. Sura 5:13 is ‘n voorbeeld daarvan:

“… Op enkeles na sal julle hulle (Jode) altyd verraderlik vind.”

In hulle boekie, The Facts on Islam, (bl. 8) haal John Ankerberg en John Weldon hierdie Sura aan uit ‘n ander Engelse vertaling (onbekend maar toepaslik in die konteks). Dit lui as volg:

“O, true believers, take not the Jews and the Christians for your friends. They cannot be trusted. They are defiled-filth.”

Daar word beweer dat die Jode die Quran van God ontvang het, maar dat dit verdraai is en dat die Bybel ‘n verdraaiing van die Quran is. Dit is natuurlik absoluut vergesog en totaal onwaar, die Quran het eers in die sewende eeu na Christus ‘n boek geword (sien hoofstuk 2). Behalwe vir verdraaide uittreksels uit die geskiedenis van Israel, vanaf Abraham tot by Jesus, handel die Quran hoofsaaklik oor gevegte, veldslae en twiste waarby Mohammed en sy volgelinge betrokke was. Verder bestaan dit uit dreigemente van teëspoed en ellende wat nie-Moslems gaan tref en die genot wat Moslems (hoofsaaklik mans) wat vir die “Paradys” gaan kwalifiseer, te beurt gaan val. Waar daar in die Quran tekste is wat handel oor Bybelse waarhede is dit deurgaans halwe waarhede en ‘n verdraaiing van feite. Dit is duidelik dat Mohammed iets geweet het van die Bybel, maar dat hy dit wat hy geweet het verdraai het om by sy sogenaamde openbaringe in te pas.

Dit is dus te verstane dat die sogenaamde Moslem-ekstremiste hulleself die reg veroorloof om as deel van hulle heilige oorlog, terroristiese dade te pleeg, onder andere teen die VSA weens hulle hulp aan- en ondersteuning van Israel. Luister ‘n mens na die uitsprake van die meer “gematigde” Moslems dan word dit gou duidelik dat, hoe diplomaties en taktvol hulle dit ook al stel, hulle simpatie by die Islam terrorisme lê, en dat hulle ook sterk gekant is teen Amerika se ondersteuning van Israel.

Israel, en Jode in die algemeen, moet uit die weg geruim word ten alle koste en dit is nie nuut nie. Mohammed het reeds die volgende oor hierdie saak gesê:

Volgens Al-Bukhari Vol 4. 52. 177: Narrated Abu Huraira: Allah’s Apostle said, “The Hour will not be established until you fight with the Jews, and the stone behind which a Jew will be hiding will say. “O Muslim! There is a Jew hiding behind me, so kill him.“

Hoewel Israel ‘n staat is wat baie klein is, met minder as 1% van die grondgebied wat sy Arabiese (Moslem) bure het, en ‘n Joodse bevolking wat nog kleiner is in verhouding met hulle Arabiese bure, moes Israel sedert sy moderne ontstaan in 1948 die woede en aanslae van sy Arabiese (Moslem) bure verduur, en het sy dit tot dusver suksesvol gedoen. Israel se suksesvolle verdediging van hulleself teen aanvalle van Moslems is ‘n wonderwerk van God en ‘n bewys dat Hy hulle nie verwerp het nie, al is hulle blykbaar nog nie waar Jahweh hulle wil hê nie. Dit is dan ook ‘n groot verleentheid vir Islam en dit vererger net hulle haat en geweld teen Israel en Jode in die algemeen.

Israel is nie net ‘n geestelike seën vir die wêreld nie, maar is ook op die voorpunt om hulle-self en die Westerse wêreld te verdedig teen Islam se Jihad-oorlog. Intussen is daar baie westerlinge en ongelukkig ook baie Christene wat al die duiwel geïnspireerde sameswerings teorieë oor Israel en Jode in die algemeen glo en sodoende haat teen Israel bevorder tot voordeel van Islam. Die VSA se ondersteuning van Israel is soms maar wisselvallig, maar onder President Trump is dit beter. Enige land of organisasie wat probeer om ‘n ooreenkoms van vrede met Islam te bereik, gaan op ‘n stadium spyt wees daaroor. Soos reeds bespreek, is ‘n ooreenkoms met Islam betekenisloos, en ook gevaarlik, veral wanneer dit kom by hulle “heilige” oorlog teen almal wat nie Allah aanbid nie.

Dit is so waar wat Dave Hunt (1995. A Cup of Trembling bl. 199) ‘n kenner van die geweld in Islam, reeds in 1995 geskryf het:

“In fact, it is Islam which inspires a large part of terrorism worldwide. As we have seen, violence and terrorism have been the means of spreading Islam from the very beginning by Mohammed and his successors. That is the teaching of the Koran. The teachings of Islam, in fact, inspire Arab terrorism around the world, terrorism which is directed by such Islamic groups as the Palestinian Liberation Movement (PLO), Hamas, Islamic Jihad, Hizbullah, and others.

The bombings and murders come from a sincere religious motivation: the destruction of Israel and eventual subjugation of the entire world to Islamic law. And yet, somehow, it is all blamed upon Israel. It is her fault that she is the target of terrorist attack and thus that those friendly to her suffer the same onslaught.”

Dit wat gebeur in die Midde-Ooste en selfs, in die Westerse wêreld, is dus nie nuut nie. Islam se geweld kan nou nog baie duideliker gesien word in wat sedertdien (Hunt se aanhaling hierbo) gebeur het. Dit is veral duidelik in wat vanaf 7 Oktober 2023 in Israel en die Midde-Ooste aan die gang is na Islam se geweld in Israel deur Hamas se moorde op meer as duisend onskuldige burgerlikes. Die aanvalle uit verskillende Moslem lande en terroriste groepe op Israel, en Jode wat wêreldwyd bedreig en aangeval word in verskeie Westerse lande. Dit is erg, maar nie nuut nie. Daar is baie ander, voorbeelde waarvan die ergste seker die vernietiging van die Wêreld Handel Sentrum in Amerika op 11 September 2001 is, waar duisende onskuldige burgerlikes in opdrag van Allah vermoor is .

Bogenoemde en die geweld teen veral Jode wêreldwyd en veral Europa en selfs die VSA, met hulle hordes onwettige, hoofsaaklik Moslem immigrante, is oorvloedige bewys van Islam se gewelddadigheid en veral so teen Israel en Jode.