Mohammed se Vrouens

Die Here Jesus, as Seun van God, het nooit getrou tydens sy verblyf en werk hier op aarde nie, en Hy was sondeloos in alle opsigte. Mohammed het egter meer vrouens gehad as wat ‘n Moslem volgens die Quran mag hê. Volgens Sura 4:3 is vier die maksimum aantal vrouens wat ‘n Moslem man mag hê. Gerieflikheidshalwe het die Quran Mohammed egter uitgesonder vir voorregte, sover dit vrouens betref, wat nie vir ander Moslem mans beskore was nie. Allah gee vir Mohammed spesiale toestemming in:

Sura 33: 50: “O Profeet (Mohammed), Ons (Allah) het u vroue vir u wettig gemaak aan wie u bruidskatte gegee het; en diegene van hulle wat u regterhand besit, wat Allah as oorlogsbuit aan u gegee het, en die dogters van u ooms van vaderskant, en die dogters van u tantes van vaderskant, en die dogters van u ooms aan moederskant, en die dogters van u tantes aan moederskant, wat met u gevlug het; en ‘n gelowige vrou, indien sy haarself aan die Profeet (Mohammed) toevertrou, as die Profeet (Mohammed) begeer om met haar te trou; dit is slegs vir u en nie vir die gelowiges (ander Moslems) nie –”

Mohammed het hierdie vergunning terdeë benut en vir homself heelwat vrouens geneem waarvan sommige nog kinders was toe hulle sy vrouens geword het. Oor die hoeveelheid vrouens wat hy gehad het verskil Moslem bronne. Al-Bukhari noem op een plek nege en op ‘n ander plek elf. Dit was waarskynlik korrek maar op verskillende tye. Die volgende aanhalings uit Al-Bukhari werp heelwat lig op Mohammed se seksuele aptyt en bedrywighede:

Khan, 1987:268 Vol.1 bl.165: “Anas bin Malik said, ‘The Prophet used to visit all his wives in a round, during the day and night and they were eleven in number.’ I asked Anas, ‘Had the Prophet the strength for it?’ Anas replied, ‘We used to say that the Prophet was given the strength of thirty (men).’“

Volgens Al-Bukhari – Khan, 1987:6 Vol.7 bl.5, het Anas ook as volg gerapporteer:

“The Prophet used to go round (have sexual relations with) all his wives in one night, and he had nine wives.“

Die ouderdom van Mohammed se vrouens was ook nie vir hom belangrik nie. Een van sy vrouens was so jonk dat dit Mohammed in vandag se terme, en sonder Allah se spesiale goedkeuring, ‘n pedofiel sou maak. Volgens Khan, 1987:64 Vol.7 bl.65, skryf Al-Bukhari in verband met Mohammed se huwelik met Aisha (Ayesha):

“The Prophet wrote the (marriage contract) with Aisha while she was six years old and consummated his marriage with her while she was nine years old and she remained with him for nine years (i.e. till his death).“

Oor Aisha (Ayesha), wat as kind Mohammed se vrou geword het, sê Karim 1998:27:28 Vol.2 bl.636 as volg:

“Ayesha reported that the messenger of Allah married her while she was a girl of seven years. She was sent to him while she was nine years with her toys.“

In verband met Mohammed se aantal vrouens noem Karim, 1998 Vol.4 bl.478 die name van twaalf vrouens. Morey (1992:85-86) gee ‘n naamlys van twee en twintig vrouens wat deur ‘n ander Moslem geleerde, Ali Dashti, saamgestel is, waarvan sestien met Mohammed getroud was, twee was slawe wat hy as vroue gehou het en vier was toegewyde Moslem vroue wat hulleself aan Mohammed oorgegee het ter wille van sy seksuele bevrediging.

Toe Mohammed met sy aangenome seun Zeid (Zaid) se vrou Zeinab (ook Zainab of Zaynab), wou trou en hulle onwillig was in verband daarmee, was daar nog ‘n gerieflike uitspraak van Allah in die Quran in:

Sura 33: 36-37: “En dit betaam nie ‘n gelowige man of ‘n gelowige vrou, wanneer Allah en sy Boodskapper (Mohammed) oor ‘n saak besluit het, dat daar nog vir hulle ‘n keuse in die saak sal wees nie. En hy wat Allah en sy Boodskapper (Mohammed) nie gehoorsaam nie, het inderdaad ‘n verkeerde koers ingeslaan. En toe u aan hom, aan wie Allah sowel as u guns bewys het, gesê het: Behou u vrou en kom u plig teenoor Allah na. En u het in u hart verberg wat Allah aan die lig wou laat kom; en u het die mense gevrees, terwyl Allah meer reg daarop het dat u hom sou vrees. En toe Zeid van haar geskei het, het Ons (Allah) haar as vrou aan u gegee, sodat daar vir die gelowiges geen beswaar meer sal wees ten opsigte van die vroue van aangenome seuns, nadat hulle geskei is. En die gebod van Allah moet uitgevoer word.“

Die Here Jesus het Homself geoffer om die mens met God te versoen, maar vir Mohammed het dit gegaan oor mag, eer, aansien en genot. Mag die Here die leser wat nog nie gekies het nie se oë open dat hy of sy kan onderskei tussen ‘n vals profeet en die ware Verlosser.

Elke persoon wat tot hier gelees het behoort oortuig te wees dat Jahweh, God van die Bybel en Allah van Islam, onmoontlik dieselfde wese kan wees. So wie is God?