Nie-Moslems se Indrukke van Islam

Vir die gemiddelde nie-Moslem is Islam ‘n raaisel. In lande waar Moslems in die minderheid is, kom hulle meestal vreedsaam voor. Oor die algemeen word hulle beleef en ervaar as vriendelike en hulpvaardige mense. In Westerse lande is kontak tussen nie-Moslems en Moslems egter hoofsaaklik beperk tot ‘n besigheid situasie waar die nie-Moslem die klant is en die Moslem die besigheidsman. Moslems word ook dikwels ervaar as ‘n eksklusiewe groep, waar vriendskappe met nie-Moslems en werklike sinvolle sosiale interaksie baie min voorkom.

Ten spyte van talle dade van terrorisme wêreldwyd waarby Moslems betrokke is gee Moslem leiers telkens die versekering dat Islam eintlik vredeliewend is. Soms veroordeel hulle selfs sommige van hierdie terroristiese dade en simpatiseer hulle met die veronregtes. Dit laat die gemiddelde nie-Moslem beter voel oor Islam. Ongelukkig is daar egter buitengewoon baie geweld deur Moslems regoor die wêreld.

Enkele voorbeelde is onder andere: Die vernietiging van die Wêreld Handel Sentrum (World Trade Center) geboue in New York, Amerika, op 11 September 2001 waar duisende onskuldige burgerlikes gewelddadig vermoor is. So ook die gewelddadige moorde en marteling van meer as duisend burgerlikes in Israel op 7 Oktober 2023. Verder ook die Moslem terroriste soos Hamas, Hisbolla, Houthis, ens., onder leierskap van die Moslem regime in Iran, se aanvalle teen Israel, en Jode wêreldwyd, in ‘n duidelik verklaarde poging om Israel totaal te vernietig. Daar kom ook in die meeste Europese lande sowel as die VSA al hoe meer Moslem gewelddadigheid voor. Uit die reaksie van verskeie Moslem leiers kry ‘n mens die indruk dat hierdie dade nie deur hulle as terreur beskou word nie, maar eerder as regverdigbare oorlogsdade. Hoe duisende, niksvermoedende, ongewapende burgerlikes, wat besig is met hulle gewone dagtaak, hulle vyande kan wees, wat verdien om regmatiglik as ‘n daad van oorlog, doodgemaak te word, is vir die denkende nie-Moslem glad nie duidelik nie.

Daar kan nog baie voorbeelde van geweld deur Moslems genoem word, maar dit is nie nodig nie. Elke persoon wat iets weet van wat in die wêreld aangaan sal weet dat hierdie paar voorbeelde maar die punt van die ysberg is, daar is baie meer en dis onnodig om nog hier te noem. Met die situasie (2026) in die Midde-Ooste is dit onverstaanbaar dat daar nog mense is wat glo dat Islam vredeliewend is. Ook wat betref die probleme met geweld en ander misdaad deur verbode immigrante – waarvan die meerderheid Moslems is – in die meeste Westerse lande. Verder is daar ongelukkig ook duisende nie-Moslems wat uit onkunde of moedswilligheid Moslems se geweld goedkeur.

Die geweld in die wêreld waarby Moslems betrokke is, is so oorverdowend duidelik. Slegs mense wat absoluut onkundig is oor wêreldgebeure en mense wat dit nie wil hoor nie, glo dat Islam vredeliewend en nie-gewelddadig is. Daarom bestaan daar by baie mense onsekerheid hieroor. Selfs by Moslems wat nie altyd op hoogte is van wat hulle heilige boeke leer nie. Mense wie se geloof gebou is op wat hulle hoor in die Moskees (Moslem plekke van aanbidding), by hulle geestelike leiers, sowel as in hul gemeenskap, is dikwels onseker.

Aan die ander kant het Moslems ook soms probleme om sin te maak uit nie-Moslems se optrede, en in besonder ook met Westerlinge wat hoofsaaklik deur Moslems as Christene beskou word. In die naam van Christendom is daar ook Moslems doodgemaak tydens die Kruistogte (Crusades). Moslems in Westerse lande sien ook elke dag hoe mense wat bekend staan as Christene en wat daarop aanspraak maak dat die Here Jesus in hulle plek die straf vir hulle sonde gedra het, hulle skuldig maak aan die gruwelikste sondes soos onder andere onsedelikheid, drankmisbruik, geweld, ensovoorts. Tereg maak hierdie dinge nie vir hulle sin nie, want hoe kan iemand opsetlik aanhou sonde doen terwyl hy daarop aanspraak maak dat Jesus die prys betaal het vir sy sonde?

Alle mense wat as Christene deurgaan en in die algemeen as Christene beskou word, is nie noodwendig ware Christen-gelowiges nie. Baie van hierdie mense ken die God van die Bybel nie, en lewe glad nie in totale oorgawe aan Hom, soos wat dit ‘n ware Christen betaam nie. Hierdie is nie ‘n poging om verskonings te soek nie; dit is feite, en dit is goed dat Moslems daarvan kennis neem. Hier kan net gesê word dat hoe meer toegewy ‘n mens aan die God van die Bybel is en in oorgawe aan Hom lewe, hoe meer liefdevol is jou optrede. Die God van die Bybel is liefde en dit sal uit die Bybel aangetoon word. Enigiemand wat dus geweld, haat en onsedelikheid, bevorder of regverdig, kan nie ‘n ware Christen wees nie al gee hy of sy voor om een te wees.

Die vraag wat beantwoord moet word is: Is Allah ‘n God van liefde? Daar sal dus vervolgens, in die Quran en Hadith, gesoek word na wat Allah en sy profeet (Mohammed), leer oor liefde, geweld, oorlog, sonde, vergifnis, straf, ens., en hoe beïnvloed dit die lewe van Moslems. Daarvolgens sal dit dan kan bepaal word of Allah ‘n god van liefde is. Verder sal dit dan vergelyk word met uitsprake hieroor deur Jahweh, die God van die Bybel. Dit behoort dan duidelik te word of Jahweh, God van die Bybel en Allah, God van die Quran, dieselfde wese is, en indien nie, watter een waarlik God is.

So, wat is dan die aard van Allah se liefde vir mense?